Baie dankie aan Glam guru dat ek kon deel wees van seisoen 24 van hierdie fantastiese tv reeks

Annelize de lange

Annelize is tans swanger en het reeds 3 woelwaters by die huis, sy het erens haar vrouwees langs die pad verloor,ons gee haar raad hoe om weer haar vrouwees te ontdek en nog steeds mamma te wees.

  • Kry ‘n moderne swangerskap styl nou pyp denim, jy kan dit oor en oor dra, jy gaan weer jonk vol, maar kan ook nog steeds rond hardloop saam die kinders.
  • Vervang ‘n vaal Habaja met iets meer helder in blom patroon.
  • Skaf vir jou helder kleurige serpe aan, dit kan ook gebruik word as ‘n hijab, helder kleure naby die gesig, laat jou vars en vrolik lyk.
  • ‘n Paar mooi wit sneakers pas by als, dit is modern en gemaklik, jy kan dit selfs by jou rokke dra.
  • Vir ‘n aandjie uit dra ‘n swart denim en gebruik ‘n kaftan bloes as ‘n baadjie en dra ‘n helder T-hemp saam dit.
  • Saam jou effe kleure hijabs dra helder groot oorbelle.
Voor
Na

Marcherie strydom

Marcherie was altyd ‘n ekstrovert, maar met haar ma se afsterwe het sy al meer in haar dop gekruip, sy het nou nodig om weer daardie ekstrovert te vind:

  •  Oppas vir ‘n lae kontras, kleure soos beige, dra eerder ‘n medium kontras kleur soos ‘n pienk. Medium kontras is baie meer mense vriendelik en is sag op die oog.
  • As jy gaan soek vir ‘n denim, kyk vir iets met perels dit maak die denim so bietjie meer vroulik.
  • Ryg ‘n paar nuwe veters in jou vellies, dit gee ‘n ou paar skoene sommer ‘n splinternuwe voorkoms.
  • As jy ‘n sagter “paperbag” broek dra, steek altyd jou hemp in, dit wys die mooi van die broek.
  • Swart en wit kan soms ‘n hoë kontras wees en is nie geskik vir almal nie, as jy ligte hare en oë het, gaan eerder vir ‘n medium kontras.
  • As jy ‘n medium kontras een kleur uitrusting kies, dra iets helder saam dit, soos ‘n blom Kimono.
Voor
Na

Mayasha vd berg

Myasha het altyd uniform gedra, nou hoef sy nie meer uniform te dra nie, en dit het haar baie omkant gevang en sy voel verlore in haar klere kas, hier is ‘n paar wenke vir ‘n korporatiewe kas:

  • Skep jou eie “uniform” vir werk, deur 3 of 4 kleure aan te skaf waarvan jy hou.
  • Kry vir jou 3 baadjies vir werk; ‘n Blazer, ‘n Tweed en ‘n Patroon Baadjie, so kan jy baie uitrustings skep.
  • Vir Casual Vrydag, maak seker jou denim is ‘n soliede kleur en nie ‘n “ripped” denim nie.
  • Sagte pastel kleure komplimenteer ‘n rooskleurige gelaat, oppas vir harde kleure naby die gesig.
  • Kombineer pastel kleure met swart of blou om dit korporatief te laat vertoon.
Voor
Na

Marita le Roux

Marita voel nie suksesvol met haar kleredrag nie, so die eerste persoon wat jy moet flous is jouself. As dit lyk of die lewe jou goed behandel sal dit:

  • Wanneer jy ‘n denim dra vir werk, pas die reel van drie toe: 3 items met dieselfde kleure of patroon, dit gee sommer lewe aan ‘n gewone denim.
  • As jy ‘n denim dra, sal jy heel waarskynlik ook hou daarvan om ‘n T-shirt te dra, kry iets met kreatiewiteit, dalk iets met ‘n prent op.
  • Skaf vir jou 2 pare nude skoene aan, een met ‘n hak vir wanneer jy kliente moet gaan sien, en ‘n plant punt toon een vir kantoor dae.
  • Skaf vir jou ‘n helderkleurige baadjie ook aan, maak seker hy het mooi vorm, dit saam ‘n baadjie is ‘n wenner wanneer jy kliente moet gaan sien.
  • As jy hou van blou, maak seker dit is modern, sou dit iets uit die oude doos wees, helder dit op met modieuse oorbelle, selfs sneakers.
Voor
Na

Michelle Hall

Michelle wil nuut lyk, maar het ‘n knap begroting, hier is ‘n paar idees hoe om jou rande te rek:

  • Oppas om jou klere te groot te koop, dit kan jou slordig en ouer laat lyk, klere wat reg pas is komplimenterend en laat jou jonger lyk.
  • Oppas vir vaal kleure, dit doen niks vir die voorkoms nie.
  • ‘n Swart rokkie in die kas is altyd ‘n wenner, kombineer dit met ‘n bloes of T-hemp en jy het ‘n vars nuwe voorkoms.
  • Skaf ook ‘n blink swart denim aan, deur die dag kombineer jy dit met ‘n T-hemp en vir die aand saam iets blink.
  • ‘n paar swart sneakers en ‘n blink paar hakskoene is ‘n wenner kombinasie wanneer die begroting knap is.
Voor
Na

Hester de Lange

Hester het vir lank haar voorkoms afgeskeep, en het stelsel matig begin om weer nuwe items te koop, Ons gaan haar net help om nou maklik mooi te wees:

  • As jy hou van denims, maak seker jy dra ‘n denim wat jou kurwes vlei, ‘n wye pyp denin kan mens soms grooter laat vertoon. As jy kort is vou jou pyp om, dat daar net so bietjie been wys by jou enkels.
  • As jy hou van pienk, kombineer dit met ‘n sterk patroon, dit is nog steeds vroulik, maar nie te romanties vir werk nie.
  • Dit lyk baie meer elegant as jy jou bloes insteek saam jou denim, lig jou hande op en laat sak hulle weer, daardie sagte bietjie wat uithang vertoon mooier.
  • As jy ‘n rokkie wil koop kyk vir iets wat vleiend is, wat reeds ‘n silhouette het op die hanger.
  • ‘n beld is ‘n goeie item om aan te skaf, dit hou nie net jou broek bo nie, dit gee ekstra elegansie aan jou uitrusting.
Voor
Na

Theresa Fouche

Theresa se groot uitdaging is dat sy kort is, ons gee haar raad hoe om langer te lyk:

  • Wanneer jy ‘n moulose Puffer Baadjie dra, dra hom altyd oop, dit skep ‘n vertikale lyn wat jou langer laat lyk.
  • Oppas vir soliede helder kleure wanneer jy ‘n groot borsmaat het, gaan eerder vir jou gunsteling kleur in ‘n patroon.
  • Helder skoene, moet liefs vermy word wanneer jy kort is, dit gaan jou nog korter laat vertoon, kies eerder ‘n kleur wat naby is aan jou broek kleur, of ‘n nude paar hakke.
  • Wanneer jy vir ‘n rokkie gaan, kies iets wat reeds ‘n silhouette het en die perfekte lengte is twee vingers bo die knieg.
  • As jy net denim het, skaf vir jou nog ‘n deftige broek aan, dan as jy meer formeel moet aantrek het jy iets in die kas.
Voor
Na

Rosa van Heerden

Rosa versorg haar man en sy het ‘n hele paar kilogramme verloor, sy het raad nodig om haar kas bietjie nuwe lewe en kleur te gee:

  • As mens gewig verloor koop jy somtyds nogsteeds die verkeerde grootte broek, koop eerder jou broek ‘n nommer kleiner, veral as hy rekstof material is.
  • As jy daarvan hou om camisole te dra, kry vir jou camisole in helder kleure met patrone.
  • Skaf ook vir jou ‘n oop knoop truitjie aan, jy kan dit dan dra saam jou camisole om dit meer formeel te maak.
  • Ouer dames mag dalk skrikerig wees vir ‘n denim baadjie, kombineer dit met ‘n serp vir ‘n modieuse voorkoms.
  • As jy plat skoene verkies, gaan vir iets wat vas kan maak vir meer ondersteuning om die voet.
Voor
Na

Jolene Munnik

Jolene is reg vir nuwe uitdagings en is opsoek na nuwe werk, ons wys haar wat sy nodig het vir ‘n onderhoud:

  • ‘n blom broek, met paar effe kleur bloese, kan baie uitrustings maak.
  • ‘n Catsuit is baie veelsydig, jy kan dit kombineer met ‘n truitjie of ‘n belt om dit te verander na meer as een uitrusting.
  • ‘n swart broek pak is die beste pakkie om in te belê, jy kan dit saam dra, of as aparte items, formeel of informeel.
  • As jy hou daarvan om boots te dra, kry iemand om vir jou mooi bootcuffs te hekel, dit maak ou boots sommer weer nuut en helder ‘n neutrale uitrusting op.
  • Skaf ‘n paar neutrale kleur hakke aan wat jy kan dra vir onderhoude en vir daardie spesiale afspraak.
Voor
Na

Azania Boshoff

Azania is die ma van 3 Tiener dogters, sy wil nogsteeds jonk aantrek, maar nie lyk soos hulle ouer suster nie, ons gee vir haar wenke hoe om stylvol maar steeds jonk te lyk:

  • ‘n kort denim broek is meer gepas vir ‘n see vakansie, gaan eerder vir ‘n linne styl broek, dis modieus en nogsteeds jonk.
  • Kombineer jou rokkie met ‘n paar sneakers vir ‘n fliek saam die kinders en vir werk kombineer dit met ‘n paar punt hakskoene.
  • Om ‘n romp jonk en stylvol te maak, kombineer dit met ‘n Themp.
  • As jy reeds baie denims het, skaf vir jou ‘n jogger aan, dit is net so gemaklik maarr net meer stylvol.
  • Kry so 2 of 3 camisole om te kombineer by jou denims, rompe of joggers.
Voor
Na

Ilse Richter

Ilse se seun trou binnekort, die kleur van die troue gaan wees Lavender Pers, ons gee haar raad hoe om elke dag foto gereed te wees asook watse styl haar die beste sal pas vir ‘n rok:

  • Donker kleur kombinasie is nie baie vleiend vir die kamera nie, ‘n helderder kleur is baie meer vleiend vir die kamera, Kombineer ‘n donker rok met ‘n ligter serp.
  • ‘n Deftiger swart baadjie in die kas, kan ‘n informele rok baie meer formeel laat lyk veral wanneer jy dalk vinning moet gaan van dag na aand funksie.
  • Vir ‘n meer informele troue sal ‘n mooi broekpak geskik wees, maak seker daar is verskillende teksture en patroon sou jy dieselfde kleur wou kies.
  • Maak seker jy kies die regte silhouette rok vir jou liggaamtipe, as jy sukkel met ekstra gewig om die maag, gaan vir iets met detail om die middle.
  • Oppas vir ‘n oordaad juwele op die dag, dra eerder fyner juwele of selfs perels.
Voor
Na

Tarisha Solomon

Tharisa se selfbeeld is baie laag, sy wil graag meer volwasse en suksesvol lyk:

  • Wanneer jy ‘n driehoek liggaam vorm het, dra ‘n donker broek en ‘n helderder bloes, sit die fokus bo die heupe.
  • Dra ‘n donker skoen saam die donker langbroek, dit gee die illusie van ‘n langer en slanker lyf.
  • As jy ‘n kort nek het, oppas vir ‘n hemp kraag wat te hoog is, dra ‘n bloes/hemp met ‘n kraag wat laer is. Dit sal die nek verleng.
  • Oppas vir horisontale lyne wanneer jy ‘n bloes koop, gaan eerder vir vertikale lyne, dit verslank jou figuur.
  • Sou jy egter ‘n trui hê wat reeds ‘n horisontale lyn het, dra dan dieselfde kleur broek en skoen, dit versag die horisontale lyn.
Voor
Na

Fiona Jansen

Fiona en haar man het hulle eie onderneming, sy wil graag stylvol en suksesvol lyk, ons gee die regte kleur en klere raad vir so voorkoms:

  • Wanneer mens soek na duursaam gaan eerder vir duursame klere en goedkoper kostuum juwele.
  • Oppas vir te helder kleure vir ‘n eerste besoek aan ‘n klient, gaan nog steeds vir kleur maar dalk so iewat meer gedemp.
  • Die prys van ‘n klere item is soms duur , maar die waarde daarvan wanneer jy dit dra kan baie meer wees.
  • Om ‘n uurglas figuur te skep wanneer jy ‘n omgekeerde driehoek is, dra broeke wat meer ‘n bootleg silhouette het.
  • Rokke vir werk moet altyd die skouers bedek, oppas vir moulose rokke.
Voor
Na

Baie dankie aan Glam guru dat ek kon deel wees van seisoen 23 van hierdie fantastiese tv reeks

Lynette Swart

Lynette wil graag ‘n sagter, meer toereikende voorkoms hê vir werk:

  • Dra kleure in Medium kontras dit is profesioneel, nooi mense in en is altyd gepas.
  • Sagter vloeiende material is meer vroulik.
  • ‘n Blomme item soos bv ‘n broek of baadjie is baie veelsydig, jy kan baie uitrustings skep, deur kleure bloese aan te skaf, wat pas by die kleure van die broek of baadjie
  • Kry ‘n serp as ‘n bykomstigheid, dit is veelsydig.
  • ‘n Denim kan formeel gemaak word met ‘n paar hakke en informeel met plat sandale.
Voor
Na

Monje Claasen

Mone wil graag haar “tomboy” voorkoms ‘n hupstoot gee en haar ware skoonheid wys: 

  • Vervang jou effe kleur denim met ‘n blinkleer effek denim.
  • Ruil jou lospassende broeke vir stywer broeke.
  • Ruil jou T-hemp met ‘n sagter bloes.
  • Vir die wow faktor in jou uitrusting,herhaal ‘n kleur, byvoorbeeld: skoene, beld en handsak in skakerings van dieselfde kleur as in jou uitrusting.
  • Ruil jou tekkies vir ‘n paar blink punt skoene
Voor
Na

Bernice Mabuza

Bernice voel oud op 35 en wil graag aantrek vir haar ouderdom, maar met ‘n groot borsmaat en ‘n klein begroting kan dit ‘n uitdaging wees:

  • Versag ‘n groot borsmaat met ‘n japon styl rok of bloes.
  • Skaf ‘n swart en blou denim aan, vele uitrustings kan daarmee geskep word.
  • “Charlie’s” is ‘n moet hê item in elke vrou se kas, jy kan dit vir die dag en aand dra.
  • Dra V hals bloese, dit is verslakend en sag.
  • Vermy besige patrone bo die middellyf.
Voor
Na

Branda Koekemoer

Branda het ‘n nuwe werk en wil graag weet hoe sy ‘n basis kas kan opbou met meer kleur:

  • ‘n Paar kleurvolle items in die kas, kan altyd nuwe lewe gee aan ‘n ou uitrusting.
  • Gee ‘n rok in die kas nuwe lewe met ‘n beld en ‘n paar hakke.
  • ‘n Baadjie is ‘n goeie staple item, kan beide formeel en informeel gedra word.
  • ‘n Romp in die kas is veelsydig.
  • ‘n Paar hakskoene wat by al die uitrustings kan pas.
Voor
Na

Monja Lubbe

Monja soek ‘n nuwe voorkoms vir werk, items wat kan meng en pas:

  • Camisole is veelsydig, kan dit by baie items dra.
  • Sagte pastel kleure is altyd in die mode.
  • Een formele broek asook ‘n denim.
  • ‘n Paar hakke en ‘n paar deftige sandale.
  • Blink bykomstighede
Voor
Na

Brighame Maartens

Brighame wil bietjie uitgaan, maar haar kas laat haar in die steek:

  • Maak seker daar is ‘n blink top in die kas.
  • ‘n Swart blinkleer broek is altyd ‘n wenner.
  • ‘n Mooi vlyende Rokkie.
  • ‘n Mooi blink paar hakskoene.
  • ‘n nou passende romp.
Voor
Na

Carien Marais

Carien is reg om haar praktiese kas te veruil vir iets meer elegant en vrouliks:

  • Verruil effe kleur bloese vir iets met blomme
  • Sagter kleure soos bv. Pienk,geel, pers
  • ‘n Roksnit net bo die knieg is baie vroulik en vleiend
  • Gekleurde denims ipv net blou denims
  • Ruil plat skoene vir ‘n mooi paar hakskoene
Voor
Na

Charlotte Lourens

Charlotte wil graag weer WOW voel, pragtig en nie net prakties nie:

  • Gee ‘n rok lewe met ‘n baadjie en beld.
  • Kleurvolle bykomstighede gee nuwe lewe aan klere.
  • Verruil tekkies vir ‘n mooi paar sandale.
  • Kombineer ‘n mooi bloes saam ‘n denim.
  • Ruil jou informele baadjie vir ‘n formele baadjie.
Voor
Na

Esther Swanepoel

Esther is afgetree en reg om rond te rits en vir die kleinkinders te kuier, sy wil tog net nie te veel pak nie:

  • ‘n blom broek, met paar effe kleur bloese, kan baie uitrustings maak.
  • ‘n Baadjie/Truitjie vir wanneer dit koel is.
  • ‘n Catsuit kan baie goed werk, dit is veelsydig en gemaklik.
  • 3 Pare skoene, ‘n paar tekkies, sandale en gemaklike punt skoene.
  • ‘n Gemaklike denim.
Voor
Na

Christell Theron

Christell het bevordering gekry by die werk en wil graag aantrek en voel soos die nuwe leier wat sy is, sy het ook ‘n bootreis waarna sy uitsien en wil graag hê haar kas moet vir albei kan werk:

  • ‘n Denim bloes is veelsydig kan formeel asook informeel gedra word.
  • ‘n Paar mooi blinksandale.
  • Sagte sy bloese kan deftig lyk vir werk asook informeel wees saam ‘n denim.
  • Klassieke juwele kan enige uitrusting op helder en is altyd in die mode.
  • ‘n Romp kan formeel vir werk gedra word en ook informeel saam ‘n T-hemp.
Voor
Na

Rochelle du Plessis

Rochelle wil weer die sprankelende dame wees wat sy eens was, sy is reg om uit haar donkergroef te kom:

  • Wit kan baie hard vertoon maar met ‘n patroon kan dit sagter en vrouliker voorkom.
  • Wees waaghalsig met ‘n afskouer rok.
  • Kombineer ‘n effe kleur bloes met blink juwele.
  • Helder ‘n effekleur uitrusting op deur dit met ‘n Kimono op te helder.
  • Ruil jou plat sandale vir ‘n paar blink wighakskoene.
Voor
Na

Leandri Marais

Leandri is ‘n skoolverlater wat reg is om haar grootmens lewe afteskop met styl:

  • ‘n Rokkie met helder patroon is altyd gepas vir enige geleentheid.
  • ‘n Blink paar tekkies kan enige uitrusting nuwe lewe gee.
  • Kombineer ‘n kortbroek met ‘n paar hakskoene vir ‘n nuwe voorkoms.
  • ‘n Donker langbroek wat formeel en informeel gedra kan word.
  • ‘n  Blink Beld of selfs ’n mooi serp is baie veelsydig en kan enige uitrusting nuwe lewe gee.
Voor
Na