Season 25

season 25

IMKE PRETORIUS

Imke se kas is die van ‘n ma, gemaklik en prakties, maar vir werk lyk dit amper soos ‘n vlak 4 beurtkrag kas, ons wys haar hoe om aangeskakel te lyk vir werk:• ‘n Rok met patroon verdoesel die paar ekstra kurwes.

  • Skaf twee baadjies aan, ‘n effe kleur een en ‘n klassieke patroon een.
  • Dieselfde reel geld vir bloese, twee bloese; een met patroon en een effe kleur.
  • Kombineer dan die effe kleur bloes met die patroon baadjie en andersom.
  • Die geskikte denim vir werk is ‘n soliede kleur denim wat nie geskeur is nie, ‘n ligte geskeurde denim is meer geskik vir naweke.
  • Wit skoene kan maklik “commin” lyk as dit vuil is, haal swart skaaf merke af met naellak verwyderaar, en hulle lyk sommer weer splinternuut.

VOOR

ROLIEN VAN HEERDEN

Rolien het Vertiligo vlekke en voel soms baie self bewus van die vlekke, ons gee haar advies hoe om aan te trek om die vlekke sagter te laat vertoon:

  • Donker harde kleure werk nie vir Rolien nie, die kontras is te hoog en maak die vlekke meer opsigtelik.
  • Pastel kleure is ‘n beter opsie, ‘n pastel kleur is ‘n kleur wat met wit vermeng is, net genoeg om nog die kleur se persoonlikheid te behou.
  • Oppas vir harde patrone op bloese of rokke, kyk vir ‘n patroon wat meer pastel kleure in het.
  • Juwele se kleur is net so belangrik, oppas vir harde metale soos blink goud, dit kan maak dat die vlekke meer uitstaan, dra verkieslik perels, dit is baie sagter op die oog.

VOOR

MARTIE POTGIETER

Martie gaan na haar broer se glanstroue, sy speel ‘n groot rol by die troue, want sy moet haar ma se skoene ook vol staan, maar sy is onseker wat om aan te trek:

  • Kyk na wat in jou kas is, begin by jou gunsteling kleur en tekstuur van ‘n kleding stuk
  • Kies elegante ligte kleure vir jou rok, dink aan ‘n koninglike troue se kleure.
  • Bykomstighede moet nie oordadig wees as die rok reeds besig is nie, hou die juwele dan minimal.
  • Maak seker jou handsakkie is klein en die kleur pas mooi in by jour ok.
  • Kies ‘n skoen in ‘n neutrale kleur, as jy lank op jou voete gaan wees, dra ‘n wighak, dit is gemaklik, maar gee ook lengte.

VOOR

NICKY DE VILLIERS

Nicky het lank in die motor industrie gewerk en elke dag uniform gedra, sy voel nou oorweldig met haar klerekas en weet nie waar om te begin om aan te trek vir haar nuwe werk:

  • As jy begin om jou uniform uit gooi, bere net twee baadjies, want dit is basiese items wat by baie kan pas in jou nuwe kas.
  • Helder ‘n swart en wit rok op met juwele, skoene of ‘n mooi lipstiffie.
  • ‘n Capri broek is komplimenteerend vir iemand met lang bene, maak seker jy dra die regte skoen daar by, een sonder ‘n bandjie om die enkel.
  • Kombineer jou denim met ‘n sagte bloes vir ‘n informele dog korporatiewe voorkoms.

VOOR

ERIKA VAN RHEEDER

Erika het ‘n klein begroting en wil graag gemaklik en mooi lyk, ons gee haar ‘n paar wenke hoe:

  • Erika se broeke is baie los en ‘n raps te groot vir haar, dit laat jou nog grooter vertoon, dra broeke wat losser gesny is om die kurwes en ‘n nouer pyp het.
  • Items wat van materiaal gemaak is wat rekbaar is, moet liefs een grootte Kleiner gekoop word.
  • Met ‘n klein begrooting gaan loer in by “thirftshops”, jy kan mooi items kry vir ‘n goeie prys.
  • Kyk dat items nie te uitgewas is, vat items wat nog helder van kleur is.
  • As daar ‘n mooi bloes is,met ‘n knoop of twee weg, vat hom nogsteeds, sit net nuwe knope aan.

VOOR

ZAHRAA MCDONALD

Zahraa gaan weer terug werk na ‘n lang tyd wat sy van die huis af gewerk het, sy will ook graag haar grys hare laat uitstaan, ons wys haar hoe:

  • Oppas vir warm kleure naby jou gesig, dit kan grys hare vaal en geel laat vertoon, gaan eerder vir sagter koeler kleure.
  • Net soos ‘n swart nommertjie is ‘n wit bloes ‘n moet in elke vrou se kas, met grys hare gaan vir sneeu wit, ivoor wit maak die hare geel.
  • As moslem vrou is kuisheid baie belangrik, maar dit is nie nodig om vormlose klere te dra nie.
  • Kombineer ‘n wit bloes met ‘n mint broek, as die uitrusting net twee kleure het, kombineer dit met nog ‘n kleur

VOOR

NEVALEA ZONDI

Nevalea wil graag ‘n voorbeeld wees vir haar leerders, kinders leer soms meer uit hoe ons aantrek en optree as deur wat ons se:

  • Dra helder kleure naby jou gesig pasop vir vaal patrone, dit kan ‘n rok maklik soos nagklere laat lyk.
  • As jy groot heupe het, maak seker jou uitrusting is nie net wyd nie, as die broek wyd is moet die bloes nouer wees dan ook anders om.
  • ‘n Noupassende broek met patroon is baie komplimenteerend en verslakkend, kombineer dit met ‘n sagte los bloes.
  • As jou heupe jou grootste uitdaging is, moenie aantrek met horisontale lyne nie, dit sny die liggaam in twee, focus op ‘n vertikale lyn, dit vertoon slanker en vertoon Kleiner.
  • Kombineer ‘n effe kleur uitrusting met helder bykomstighede.

VOOR

NADIA POTGIETER

Nadia het sopas haar eie besigheid begin en dan is jou klere begroting klein, ons leer haar vandag met ‘n paar basiese items kan jy verkleurmannetjie speel om by elke klient in te pas:

  • ‘n Rok met ‘n helder patroon moet nie gedra word met ‘n swart skoen nie, kies ‘n kleur wat in jou rok voorkom en kombineer die rok met ‘n helder skoen.
  • ‘n Denim rok is baie informeel, maak dit meer formeel, met ‘n helder belt en skoene.
  • Koop ‘n twee stuk wat jy formeel en informeel kan dra, jy kan die baadjie en broek saam kombineer, of die broek met ‘n T-hemp kombineer wanneer jy langs die sportveld staan met ‘n gemaklike sneaker.
  • Jou aktetas hoef nie uit die tyd van bankbestuurders met koffers te kom nie, koop net ‘n groot handsak.
  • Met ‘n paar basiese items in jou kas kan jy maklik verkleurmannetjie speel sonder om jou hele uitrusting te verander.

VOOR

ANNEMARIE MEYER

Annemarie gaan op ‘n bootreis en wil graag min pak, maar nogsteeds mooi lyk.

  • As jy ‘n vroulike stylpersoonlikheid het, oppas vir harde abstrakte patrone, gaan vir sagter patrone soos blomme.
  • Vir die bootreis pak ‘n kaftan rok, jy kan hom op 3 maniere dra: as rok, saam ‘n broek en hemp asook oor jou baaikostuum.
  • ‘n Denim wat omkeer baar is gaan maak dat jy baie minder hoef te pak.
  • Kombineer ‘n denim baadjie met jou broekpak en ‘n beld vir ‘n meer formele uitrusting vir die aandfunksies.
  • Pak twee pare nude skoene om plek te spaar, een met ‘n hak en een plat sandal.

VOOR

JANINE SCHEEPERS

Janine gaan gereeld vir kortisoon behandelings agv haar lupus, dit maak dat sy gewig optel en haar probleem area wat haar maag is, dan grooter vertoon. Ons wys haar dat losser klere nie lelik en vormloos hoef te wees nie.

  • Kry ‘n rok in mooi pastel patroon kleure, maak seker die snit is langer, verkieslik onder die knieg.
  • Bloese met die regte kleur naby die gesig gaan ook maak dat die maag area verbloem is, want helder kleure gaan mense na jou gesig laat kyk.
  • Jy kan ook vir jou ‘n mooi plat skoen aanskaf, iets wat blink of tekstuur het.
  • Kyk vir bloese met skuinslyne, dit verbloem die probleem area.
  • Jy kan ook skuinslyne skep met ‘n gewone bloes, deur die bloes te knoop, ‘n handsak skuins oor jou lyf te dra of ‘n beld skuins te drapeer.

VOOR

FRANCE BOSMAN

Franche was vir ‘n knie operasie en sy voel baie agtergelaat as dit by modes en klere kom, ons wys haar hoe sy ‘n mode mooi kas kan skep:

  • As jou loopbaan begin moenie aantrek asof dit die einde is nie, gaan vir vars patrone en bloese wat jou figuur komplimenteer.
  • Elke jong dame moet ‘n mooi T-hemp in die kas he, kyk vir iets vars en vrolik.
  • Om ‘n uurglas figuur te skep, kombineer ‘n styfpassend romp met ‘n bloes met groot moue.
  • Helder ‘n twee kleurige uitrusting op met ‘n vars patroon soos bv: slang patroon
  • As jy graag sneakers wil dra, kry een met ‘n opgeboude sool en iets wat tekstuur het en blink, nie wit nie.

VOOR

MICALA MC CRIMON

Micala is baie atleties gebou en het ook ‘n groot been struktuur, dit maak dan soms die uitdaging om klere te koop erger, veral as mens nog life is vir blom patroon ook:

  • Elke dame se been struktuur is anders, om die grootte van patroon te bepaal, gebruik die bal van jou vuis, patroon kan daardie grootte wees of Kleiner.
  • As jy hou van blom patroon dra dit net in ‘n bloes of broek en kombineer dit met ‘n effe kleur.
  • Pylnate in ‘n broek is baie vleiend, dit laat jou kleiner vertoon.
  • Koop ook jou bloese in V nek styl, dit skep ook ‘n vertikale silhouette wat jou slanker laat vertoon.
  • Gebruik sommer rekkies wat by die kantoor rond le, bind jou moue wat te lank is daarmee op.

VOOR

SANDRA VAN NIEKERK

Sandra bied binnekort ‘n kongres aan, sy was so besig met die beplanning van die kongres dat sy nog nie gedink het aan wat om aan te trek nie:

  • Deesdae is daar twee manière van kongres aanbied, virtueel en op die podium, dus as jy aanlyn aanbied maak slegs saak wat jy aantrek bo die middellyn.
  • ‘n Baadjie kan dalk effe formeel lyk kombineer dit dan met ‘n donker chino, dit sal jou stylvol laat lyk.
  • Vermy liefs ‘n wit broek met sulke aanbiedings, dit kan soms nie vleiend wees nie.
  • Sou jy ‘n rok dra en jou probleem area is jou arms, kry ‘n rok met “valmou”, dit hang sag om jou arms.
  • Indien die kleure in jou uitrusting baie helders is, kombineer dit met neutral bykomstighede.

VOOR

GLAM GURU

We had the opportunity to be part of Glam Guru on KykNET for past few seasons with the amazing Hannon. Glam Guru is a TV-lifestyle program which enhances peoples looks without the need of doctors or knifes. They give normal people the chance to get a brand new enhanced look not matter the difficulty.