Season 26

season 26

TERSIA PRETORIUS

Tersia het ‘n kreatiewe styl persoonlikheid, maar by die werk is haar kleredrag baie swart en wit, sy voel dit gee aan haar outariteit, maar dit is nie net die kleur wat professionaliteit bepaal nie, dit gaan meer oor die styl van klere, ons wys haar hoe:

  • Gee ‘n grys baadjie nuwe lewe met ‘n borsspeld, selfs kreatiewe juwele of skoene.
  • Maak seker jou baadjie het vorm en selfs skouerkussings, ‘n baadjie maak enige uitrusting meer profesioneel.
  • Vervang jou swart broek met iets wat tekstuur het en ‘n ander kleur is, dit kan wel dieselfde styl wees.
  • Helder ‘n eenkleurige rok op met ‘n patroon bloes en gekleurde beld, dan het jy sommer nog ‘n uitrusting ook.
  • Met langbene kan jy die kleur van jou bloes herhaal in jou skoene, bv; pienk.

VOOR

LUCILLE SNELL

Lucille is al van vroegoggend af aan die gang, sy het haar eie besigheid en doen ook werk vir ‘n maatskappy, sy vind dit uitdagend om ‘n klerekas bymekaar te sit wat kan werk vir die huis en werk, ons gee haar wenke hoe om ‘n appelfiguur te verdoesel en klere wat vir werk vir als.

  • ‘n Appelfiguur word gekenmerk deur die volgende: ‘n Groot borsmaat, groot
    maag, mooi bene, en het geen middel.
  • Dra ‘n bloes, broek en skoen in dieselfde kleur om ‘n vertikale lyn te skep, wat die illusie van lengte skep, dra ‘n kaftan daarby om ekstra kurwes weg te steek.
  • As jy ‘n warm ondertoon het, oppas vir orange, dit kan jou geel laat vertoon gaan eerder vir koeler kleure.
  • As jy goud wil dra, gebruik die reel van 3, herhaal dit in jou juwele, skoene en handsak, dan kan jy dit sommer in die dag ook dra.
  • As jy min tyd het, maak seker die items wat jy koop kan gedra word vir werk en vir ‘n aandjie uit.

VOOR

CARLA DU PLESSIS

Carla word binnekort ingesweer as ‘n prokureur, en sy moet haar student klere agterlaat en nou lyk soos ‘n volwaardige prokureur. Dit is ‘n baie swart en wit wereld, ons wys haar hoe om swart en wit kombinasies steeds jonk en modieus te hou.

  • Helder ‘n swart rok op met ‘n mooi blink of gekleurde beld.
  • Om swart naby die gesig te versag, dra perels om jou nek en mooi perel oorbelle.
  • Dra eerder ‘n polkadot of streep patroon bloes as ‘n blomme patroon bloes, dit is meer professioneel.
  • Skaf vir jou ‘n tweed baadjie aan, dit is klassiek, elegant en gaan nooit uit die mode.
  • Stryk swart klere onderste bo, so voorkom jy dat dit blink gestryk word.

VOOR

CHRISANDY RUITERS

Chrisandy dra elke dag uniform en voel sy het hulp nodig met mooi klere vir naweke, haar verjaarsdag is ook een van die dae, ons wys haar met ‘n baar basiese nuwe items kan sy elke dag die WOW factor he:

  • Gebruik ‘n serp as beld saam jou denims om dit op te helder en anders te
    maak.
  • Steek altyd jou bloes in en vou jou denim in as hy te lank is, dit skep dan die illusie van lengte.
  • Skaf ‘n denim bloes aan, dit is veelsydig en kan baie uitrustings skep.
  • As jy kort vertoon, dra ‘n wrap rok wat net tot by die knieg kom, nooit langer nie, die V nek vd rok sal ook die illusie van lengte skep.
  • Vir ‘n date night saam jou man, kombineer die denim bloes met ‘n blink toppie en ‘n leopard print broek vir ekstra elegansie. 

VOOR

JOANIE BADENHORST

Joanie wil graag maklik mooi wees, haar werk as versorger maak dat sy gemaklik
moet wees, maar sy wil ook mooi lyk. Sy kry ook baie klere by ander dames, ons
wys haar hoe om haar eie styl identiteit te kry.

  • Jy hoef nie alle “hand me down’s” te vat nie, helder ‘n vaal trui op met helder
    juwele.
  • Skaf ‘n denim aan met struktuur, iets wat nie te los sit nie, dit laat jou jonger en slanker vertoon.
  • Dra ‘n effe kleur bloes saam ‘n blomme patroon broek, patroon saam patroon kan maklik lyk soos slaapklere.
  • Om ‘n blomme baadjie ‘n jeugdiger voorkoms te gee, dra ‘n moulose T-hemp saam dit.
  • Elke dame moet ‘n denim baadjie in die kas he, dit laat jou sommer jare jonger lyk. 

VOOR

BELINDA VAN WYK

Belinda gaan op ‘n jong ouderdom deur menopause, sy wil steeds jonk lyk en voel wanneer sy aantrek, ons wys haar hoe om kleure en style te kombineer wat werk:

  • Menopause veroorsaak warm gloede, ‘n rooi gelaat en somtyds gewig om die middel/maag, bly weg van swaar sintetiese materiale, gaan eerder vir ligter materiale soos, katoen, sy en chiffon.
  • As jy hou van ‘n blom patroon, dra dit eerder in ‘n bloes as in ‘n T-hemp, die bloes sit losser en lyk jonger.
  • Moet nooit twee vaal kleure saam dra nie, dit laat jou ouer lyk, kombineer ‘n vaal broek met ‘n helder bloes.
  • Kort vroue moet hulle baadjies oopdra, dit skep dan ‘n vertikale lyn wat die illusie van lengte gee, as dit toe is maak dit die silhouette korter.
  • Bly weg van wye pypbroeke, dit maak jou korter en maak die bene breer, gaan eerder vir ‘n regaf pyp broek, dis meer verslakend. 

VOOR

COLETTE VENTER

Colette vier haar 50ste verjaarsdag met ‘n bootreis, sy het min pak plek, maar wil
elke dag asems weg slaan, ons wys haar hoe:

  • Pak ‘n denim baadjie en ‘n Stone kleur oopknoop truitjie, jy kan dit by als dra.
  • Vir jou verjaardag aand, pak ‘n rokkie wat blink in, soek iets wat nie te veel kreukel nie, kombineer dit met blink hakke vir ‘n wen voorkoms.
  • As jy ‘n driehoek silhouette het, vermy ¾ broeke, dit verkort die lyf en beklemtoon die heupe.
  • Dra patroon bo, patroon in ‘n broek kan ook ‘n driehoek silhouette grooter laat vertoon.
  • Pak belde in, vat ‘n lang bloes ook saam,met belde kan jy die bloes ‘n rok ook maak en selfs ‘n kimono saam jou swemklere. 

VOOR

CATHARINA RAATHS

Catharina het verhuis na ‘n Kleiner dorpie, eweskielik voel dit of sy ekstra hard moet werk om haar self te laat geld, ons wys haar hoe om aan te trek met meer vertroue, om te lyk of sy sommer die hele besigheid se take kan doen.

  • Skep illusive van lengte met ‘n eenkleur uitrusting van kop tot tone, sit ‘n moulose baadjie by om dit meer elegant te laat lyk.
  • Dra meer kleur en patroon, dit trek aandag, so sal jy seker wees jy word raak gesien.
  • As jy kort is oppas vir ‘n uitrusting wat bestaan uit ‘n ligte bloes en donker romp, probeer dieselfde kontras hou in jou uitrusting.
  • Skoene speel ook ‘n belangrike rol as jy kort is, dra wighakke of ‘n punt skoen, dit skep illusive van lengte, hou ook die kleur die selfde as jou uitrusting.
  • Speel met bykomstighede om ou uitrustings nuwe lewe te gee, dit maak jou klere meer intresant en sal aandag trek. 

VOOR

MAUREEN VD BERGH

Maureen wil graag weer ‘n sagte vrou in die spieel sien, kanker het so baie van haar gesteel, haar kurwes, haar gelaatskleur en haar sprankel. Ons wys haar hoe om weer vroulik te lyk en hoe om haar kurwes te beklemtoon.

  • Gooi uit jou broeke wat te groot is, koop die regte grootte broeke, ‘n stywe denim, sodat almal jou kurwes kan sien.
  • Kleur is nou baie belangrik naby die gesig, vermy grys, beige,bruin. Gaan vir kleure soos pienk,blou en mint groen.
  • Skaf broeke aan wat jou vroulikheid beklemtoon, ‘n denim met perels of selfs ‘n blomme broek.
  • Kyk vir baadjies met tekstuur en kleur, los maar die fleece baadjies vir tuin werk.
  • As jy hou van gemaklike skoene, gaan vir ‘n mooi blink sneaker, dit helder enige uitrusting op.

VOOR

HILDA JORDAAN

Hilda is ‘n rondhardloop ma wat nie hou van stil sit nie, maar met al die rondhardloop vergeet sy om tyd te maak vir haarself. Ons wys haar hoe om maklik mooi te lyk en steeds te kan rond harloop.

  • Jeans is gemaklik, maar kom nou in meer kleure as net blou, gaan vir ander
    kleure, om jonger te lyk.
  • Truie is wel gemaklik maar kan vining lyk of jy op pensioen gaan, gaan vir bloese in mooi pastel kleure.
  • Skaf ‘n baadjie en Kimono aan, dit pas by jeans en gekleurde broeke, en gee maklik nuwe lewe aan ‘n ou uitrusting.
  • Met lang bene kan jy speel met jou denims en gekleurde broeke vou dit om om jonger te lyk en ‘n speelse element in te bring.
  • Sneakers hoef nie net wit te wees nie, skaf ‘n paar aan wat bietjie kleur in het, maar vir die dae wat jy minder rond hol, kry ‘n paar wighakke.

VOOR

KARIEN STEIN

Karien is gereed om weer te gaan werk na ‘n paar jaar as tuis bly mamma, maar sy voel dat haar kleredrag nie na wense is vir werksonderhoude nie, ons wys haar hoe om met een pakkie by opsie te he om dadelik die 1ste indruk te skep.

  • Maak seker jou basis uitrusting is Navy, dit is die beste kleur vir ‘n onderhoud, bly ver weg van orange dit is die slegste kleur vir ‘n onderhoud.
  • Grys puntskoene, grys is kleur wat wys jy het self vertroue, kombineer dit dan met jou Navy uitrusting.
  • Skaf ‘n paar bloese aan in verskillende kleure vir saam jou navy uitrusting.
  • Juwele moet nie oordadig wees nie, gaan vir fyner juwele, selfs perels.
  • Vermy ‘n denim vir jou onderhoud dit is baie informeel, hou jou denims liefs vir naweke.

VOOR

MARISKA KOEKEMOER

Mariska is ‘n gedrewe vrou, wat nie tyd het vir man soek nie, sy wil iemand so in die drafstap ontmoet, maar dan moet jy altyd op jou beste lyk, ons wys haar hoe.

  • Kry 3 woorde om jou klerekas te beskryf, bv: Vars, kleurvol en klassiek
  • As jy net platskoene dra vir werk, kyk vir iets met punt vorm, mooi kleure en teksture.
  • Monochromaties uitrustings is die beste vir vining aantrek, dit pas by almal en is baie vleiend.
  • As jy nie tyd het vir dink wat om aan te trek nie, kry net kleur,patroon en tekstuur in jou kas.
  • Kombineer jou denim met ‘n mooi helder bloes en puntskoen vir ‘n treffer voorkoms elke dag.

VOOR

GLAM GURU

We had the opportunity to be part of Glam Guru on KykNET for past few seasons with the amazing Hannon. Glam Guru is a TV-lifestyle program which enhances peoples looks without the need of doctors or knifes. They give normal people the chance to get a brand new enhanced look not matter the difficulty.